Polisie op soek na kêrel wat glo meisie (27) brutaal vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Giyani in Limpopo het ‘n soektog geloods na die 28-jarige kêrel van ‘n vrou (27) wat in die vroeë oggendure Saterdag vermoor is.

Volgens die polisie is die 27-jarige vrou brutaal deur haar kêrel doodgesteek.

Die polisie vra Aubrey Mokgalaga om sy naaste polisiestasie te nader omdat hy moontlik met die ondersoek kan help.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 082 414 6709 of 08600 10111 kontak.