Man sedert 3 April vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Clarens vra die gemeenskap se samewerking om die 53-jarige Gavin Burls op te spoor.

Volgens die polisie is Burls laas op 3 April gesien toe hy sy huis omstreeks 09:00 te voet verlaat het.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 058 256 6001 kontak.