Drie vas na hulle glo met 16 gesteelde skape betrap is

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Rustenburg het Donderdagoggend drie verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle na bewering in die besit van 16 gesteelde skape betrap is.

Volgens die polisie is ‘n minibus op die R510 in Phokeng voorgekeer en deursoek.

Drie mans is in hegtenis geneem toe hulle volgens die polisie nie kon sê waar die skape vandaan kom nie.

Die mans is later positief verbind aan ‘n veediefstalsaak in Northam, Limpopo.