Die AfriForum-buurtwag in Bloemfontein is Woensdagmiddag omstreeks 14:05 ‘n oproep ontvang vanaf ‘n lid dat haar kinders ‘n persoon gesien het wat halflyf oor ‘n heining op die hoek van Memoriumweg en Genl. Brandrylaan hang.
Volgens AfriForum Bloemfontein het die patrolliespan omstreeks 14:00 reageer om ondersoek in te stel. Die patrolliespan het die persoon betrap waar hy oor die heining hang. Die persoon is glo al op ‘n ander geleentheid in die area gewaar.
Die patrolliespan het die persoon deursoek en glo ses bankkaarte met verskillende name gekonfiskeer.
Volgens AfriForum Bloemfontein het die verdagte se stories nie sin gemaak nie, en die polisie is na die toneel ontbied.
Die man is in hegtenis geneem. Die saak word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



