Man vas met beweerde vervalste geld – kan jy die verskil uitken?

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (28) is Woensdag 5 April 2023 om 10:45 deur Mangaung se sigbare polisiëringslede in die Joe Slovo-area in die Vrystaat met beweerde vervalste banknote in sy besit in hegtenis geneem.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die lede was besig met ‘n stop-en-deursoekingsoperasie toe hulle die verdagte voorkeer en na bewering die vals note ter waarde van R4 800 in sy besit vind.

Die lede het hom ondervra waarna die man teenstrydige stories oor waar hy aan die note gekom het aan hulle vertel het.

Hy is vir die beweerde besit van vervalste geldnote in hegtenis geneem.

‘n Saak is geregistreer en hy sal na verwagting binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel