Hommeltuig lei stappers na veiligheid

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Hommeltuig is Donderdagmiddag 6 April 2023 gebruik om twee beginner-stappers wat op ‘n moeilike staproete gestrand was na veiligheid te lei.

Wilderness Search and Rescue (WSAR) sê ‘n hommeltuig is ingespan om die twee stappers op te spoor en op ‘n roete weg van ‘n gevaarlike krans na ‘n pad te neem.

Die insident het in die Porcupine-koof plaasgevind en hoogs toegewyde professionele vrywilligers se hulp is ingeroep om die stappers by te staan.

Die stappers het hul staptog die oggend 07:30 in Constantia Nek begin en die roete gevolg wat hulle verby die damme aan die agterkant van Tafelberg geneem het.

Hierna is hulle deur die Valley of the Red Gods waar hulle ‘n vae roete gevolg het waarna hulle na onder gestap het deur die Porcupine Ravine in die rigting van Kampsbaai.

Porcupine Ravine is ‘n vlak kloof in die Twaalf Apostels in Kaapstad langs die Porcupine Buttress en word as ‘n uitdagende roete beskou.

Nadat die twee stappers gesukkel het, het hulle besluit om vir hulp te bel.

WSAR is net na 14:00 uitgestuur.

‘n Hommeltuig van die Wes-Kaap se regeringsnooddienste se hommeltuig-eenheid het die twee vinnig opgespoor.

Hugo Waughan, die toneel se reddingskoördineerder, sê die twee stappers is deurentyd met die hommeltuig gemonitor.

“We called the hikers on their cell phone and were able to safely guide them away from the cliff and onto the path, before the rescue team met up with them.”

“This again demonstrates how diverse and valuable this technology is.”

Die WSAR-reddingspan kon die paar veilig deur die res van die roete lei.

David Nel, woordvoerder vir WSAR, sê: “It’s exiting to see younger hikers exploring our amazing wilderness spaces, and we applaud the two for calling for help when they felt unsafe.

“We really want to encourage more people to get out and take advantage of these beautiful spaces; but with the knowledge that a group of dedicated individuals are always willing to rush to their aid if they need help.

“To anyone venturing out for the first time, please consider joining a hiking group. There are numerous groups and online communities to consider, and new member will absolutely benefit from the valuable information sharing.”

  • Wilderness Search And Rescue (WSAR) is a network of government agencies, and civilian volunteer organisations, who partner in search and rescue.
  • Members of the public are reminded to save and memorise the WSAR Emergency Contact Number, 021 937 0300.

Foto’s is deur Carlo Garth Adonis, Fabian Higgins, Tim Lundy en Travis Talmarkes verskaf.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel