‘n Vrou (47) van Phoenix in Durban, KwaZulu-Natal, is vir meineed in hegtenis geneem nadat sy na bewering voorgegee het om ontvoer te wees en ‘n losprys van haar sakeman geëis het.
Yusuf Abramjee het die video op Twitter gedeel.
Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Maandag ‘n klagte ontvang van ‘n vrou wat na bewering in Clay Field Drive in Phoenix ontvoer is.
Daar is gesê dat die vrou glo ‘n besigheid verlaat het om na die badkamer te gaan by haar huis wat nie ver van die besigheid was nie.
Oomblikke later het haar man ‘n telefoonoproep van haar ontvang waarin sy sê dat sy na bewering ontvoer is. Sy het by hom gesmeek om ‘n onbekende bedrag geld vir haar vrylating te deponeer.
Na die oproep het ‘n manspersoon haar man gebel en gesê dat sy glo seergemaak sal word indien die losprys nie betaal word nie.
Polisieondersoek het onthul dat die vrou haar ontvoering opgemaak het en sy was dienooreenkomstig van meineed aangekla.
“Police are sending a strong warning to anyone who is contemplating to fake their own kidnappings for any reason of waste state resources by opening false cases what they will be met with the flaming wrath of the law. Kidnapping is not a matter to joke about and police have been working hard and stretching resources in a quest to prevent kidnapping which had seen a slight increase of late.”
Die vrou het in die Verulam-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



