Kyk: Wat dink jy van die nuwe Spotify-advertensie in Afrikaans?

Deel hierdie storie / Share this story

Het jy al Spotify se nuwe advertensie vir Afrikaanse musiek gesien?

Die advertensie begin met Schalk Bezuidenhout, die Hotel-akteur en komediant wat geen bekendstelling nodig het nie.

Bezuidenhout noem dat Charlize dalk ‘n punt beetgehad het, want Afrikaans word minder gepraat, maar meer gesing.

En dan is daar Demi Lee Moore wat Mis Eet Slaap Herhaal eers praat en dan sing om te verduidelik dat musiek enigiets wat mens in Afrikaans sê, kan beter maak.

Stem jy saam dat meer in Afrikaans gesing word as wat daar in Afrikaans gepraat word?

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel