ANC-wyksraadslid glo in hegtenis vir geld trek met SASSA-kaarte

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vrouens veroorsaak meeste ongelukke – Diale Tlabela

’n ANC-wyksraadslid van Beaufort-Wes is glo Dinsdag in hegtenis geneem na hy na bewering gevang is waar hy geld trek met Sassa-kaarte.

Die Wes-Kaapse polisie het nog nie die inhegtenisneming bevestig nie, maar TimesLIVE het ’n boodskap gesien wat deur die ANC- sentrale Karoo streeksekretaris, Collin Meyer, aan ANC-lede gestuur is. In die boodskap bevestig Meyer die inhegtenisneming en noem die raadslid wat in hegtenis geneem is.

Die DA op Beaufort-Wes het ook Woensdag die inhegtenisneming in ’n verklaring bevestig en het ook die raadslid by die naam genoem.

Bronne: IOL, Sowetan LIVE, The World News

Lees ook: Vrouens veroorsaak meeste ongelukke – Diale Tlabela