Vermeende kabeldief dood nadat muur op hom val

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n man is op Maandag 3 April 2023 in ‘n sloot te Lasiandra- (Mantevrede) plotte in Vanderbijlpark gevind waar dit vasgeval was.

Emfuleni- plaaslike munisipaliteit sê hy en sy makkers was na bewering besig om ‘n elektriese kabel wat Frikkie Meyer en die dorp se substasie verbind, oop te grawe.

Sekuriteit wat by nabygeleë Nicol-oordragsubstasie wag gehou het, het ‘n harde slag gehoor toe die muur die grond tref en was eerste op die toneel. ‘n Man was onder ‘n sementpilaar vasgevang. Stemme wat om hulp roep, kon gehoor word.

Nooddienste se hulp is ingeroep.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polsiewoordvoerder, sê die polisie is uitgeroep vir ‘n misdaadtoneel by die adres.

Daar is gerapporteer dat die man se liggaam in die sloot vasgeval het nadat ‘n sementmuur op hom geval het. Die liggaam is geïdentifiseer as ‘n buitelandse Lesotho-burger wat in Bophelong-area woonagtig was.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel