Gewilde restaurant sluit sy deure na rapper se dood

Deel hierdie storie / Share this story

Die gewilde restaurant en kuierplek in Durban, Wish on Florida, sal sy deure nou permanent sluit na die rapper AKA in Februarie voor die restaurant doodgeskiet is.

Die restaurant het in ‘n plasing op sosiale media die nuus bekendgemaak dat hy op 10 April “The Last Supper” sal hou voor hy sy deure sluit.

Philani Kweyama, medestigter, sê dis hartseer om die restaurant toe te maak.

“In die lig van die onlangse tragiese gebeurtenis op ons voorstoep, het ons ‘n groot afname in besigheid ervaar wat die direkteure met geen ander keuse gelos het as om die besigheid permanent te sluit nie.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel