Ma en babadogter byna 2 maande na aardbewing in Turkye herenig

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma van Turkye is met haar babadogter herenig byna twee maande na hulle in die vernietigende aardbewing van mekaar geskei is.

Die baba met die naam Vetin is aan haar ma terugbesorg nadat DNA-toetse bewys het hulle is ma en dogter.

Verpleegsters het die baba Gizem Bebek gedoop, wat “mystery baby” beteken. Sy is drie en ‘n half maande oud.

Vetin is onder die puin van ‘n gebou in die provinsie Hatay gered meer as vyf dae na die aardbewing die land getref het en tienduisende lewens geëis het.

Die ma se baba, Yasemin Begdas, is in die aardbewing beseer. Die baba se pa en ouer broers is in die aardbewing dood. – CBS News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel