Visserman vermis in see nadat dubbel-kajak omdop

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Visserman (43) het Sondag 2 April 2023 in die see by Walskipper, Paradise Beach, vermis geraak toe die dubbel-kajak waarin hy saam met nog ‘n visserman was, omgedop het.

Die twee mans het vanuit die dubbel-kajak vis gevang toe hulle deur ‘n brander getref en omgedop het.

NSRI-Jeffreysbaai sê die bemanning aan diens is geaktiveer toe die voorval plaasgevind het.

Reddingsboot 37 is lanseer en kusbemanning sowel as nood- mediese dienste van die Oos-Kaap en Kouga- munisipale lewensredders is geaktiveer.

Met aankoms op die toneel is gevind dat een man daarin kon slaag om na die strand te swem. Hy was veilig en het geen beserings opgedoen nie.

‘n Soektog is na die vermiste man geloods, maar daar was geen teken van hom nie.

Polisieduikers is in kennis gestel en die soektog word voortgesit.

Vanoggend se soektog duur voort met NSRI-Jeffreysbaai wat polisieduikers ondersteun.

Die kajak is gevind waar dit reeds begin sink het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel