Lees ook: Man glo in Bethelsdorp-nagklub vermoor
Die polisie in Mankweng buite Polokwane is besig om ‘n moord te ondersoek na ‘n man (50) glo sy vrou (49) geskiet het tydens ‘n argument.
Die man en vrou was glo Sondag in ‘n argument betrokke toe die man ‘n 9mm-vuurwapen uitgehaal en haar geskiet het. Sy is later in die hospitaal oorlede.
Die man het na die Mankweng-polisiestasie gery en homself oorhandig.
Die man sal binnekort in die Mankweng-landdroshof verskyn op aanklagtes van moord.
Bronne: SAPS, Accidents, Arrive Alive
Lees ook: Man glo in Bethelsdorp-nagklub vermoor



