Lees ook: Man wat drie kapers doodskiet vrygespreek in hof
Bolt het gesê dit sal saamwerk met die polisie om die verdagtes vas te trek wat ’n student in die regte vermoor het na hy hulle opgelaai het.
Euston Mnguni (28) het onlangs gegradueer nadat hy sy studies by die Universiteit van Johannesburg voltooi het. Hy het by Bolt gewerk terwyl hy gewag het om sy klerkskap by ’n regsfirma te doen.
Hy is glo gekaap en doodgeskiet deur Bolt-kliënte wat hy Vrydag by Glen Austin opgelaai het.
Die ondersoek is steeds aan die gang en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Bronne: IOL, Times LIVE, VN Explorer
Lees ook: Studente betoog oor akkommodasiekostes en aansoeke vir befondsing



