Lees ook: Suid-Afrika teken twee cholera-gevalle aan
Twee riviere wat gereeld vir doop gebruik word, is vermoedelik die oorsaak van vier nuwe choleragevalle in Gauteng.
Een van die voorvalle is ‘n tienjarige meisie van Katlehong in Ekuthuleni wat op 19 Maart in die Mpilweni- privaat hospitaal opgeneem is. Sy en haar ma is ‘n week vroeër in die Kliprivier gedoop. Haar ma is op 17 Maart in die Thelle Mogoerane-hospitaal opgeneem en is die dag daarna oorlede.
Nog twee gevalle was ‘n paar van Diepsloot wat in die Jukskeirivier gedoop is op 18 Maart. Dae later is hulle in die hospitaal opgeneem. Die pastoor wat die paartjie gedoop het, het ook cholera gekry, maar is nie in die hospitaal opgeneem nie.
Daar is nou tien gevalle van cholera in die land.
Bronne: Times LIVE, The Citizen, EWN



