Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld en kinderbeskerming doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help om ‘n vermiste 15-jarige meisie van Kimberley op te spoor.
Die polisie vra inwoners van Galeshewe om na vore te kom met inligting wat kan help om Palesa Mokae (15) op te spoor.
Sy het Maandag 27 Maart vermis geraak toe sy op pad skool toe was.
Sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, sê sy het haar skooluniform aangehad – ’n grys rok, wit hemp en ligteblou trui.
Mokae is ’n leerling aan die Hoërskool Tetlanyo in Galeshewe.
Enigiemand met inligting kan die polisie kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



