Vrou wat vermis was in vlak graf onder bed gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Nomvula Chenene (28) het op 10 Desember 2022 vermis geraak.

Women For Change sê haar skeletale oorskot is op 26 Maart 2023 in ‘n vlak graf in ‘n shack in Lakeside, Vereeniging gevind.

‘n Man (34) is in hegtenis geneem nadat ‘n vrou aan die polisie rapporteer het dat haar kêrel ‘n vrou vermoor en onder hul bed begrawe het. Die vrou het na bewering gesê haar kêrel het glo aan haar erken dat hy die moord gepleeg het.

Die menslike oorskot is glo in die verdagte se erf opgegrawe.

Hy het na bewering na sy inhegtenisneming aan die polisie erken dat hy die moord gepleeg het.

Nomvula is die suster van die voormalige Bafana Bafana- en Orlando Pirates-middelveldspeler Bennett Chenene.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel