Seun (11) op speelgrond raakgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Seun (11) is Donderdag 23 Maart 2023 geskiet waar hy op ‘n speelgrond in Zenzele, Randfontein, Wes-Rand, Gauteng gespeel het.

Sers. Carmen Hendricks, polisiewoordvoerder, sê lede het ongeveer 16:50 ‘n klagte van Bekkersdal-kliniek ontvang van ‘n persoon wat in Zenzele geskiet was. Met aankoms by die kliniek het hulle ‘n seun gevind wat in sy bolyf geskiet is, deur wat geglo word ‘n dwaalkoeël te wees.

Na bewering was daar die betrokke dag ‘n gedenkdiens in Zenzele waar ‘n onbekende persoon glo rond en bont geskiet het. Daar word geglo dat dit een van die skote wat afgevuur is wat die seun getref het.

‘n Saak van poging tot moord word ondersoek.

Randfontein-speurders versoek dat enigiemand van die gemeenskap wat inligting het om met die saak te help onverwyld met hulle in kontak moet kom.

S/AO Duiker kan gekontak word by 011 414 4329.

Alternatiewelik kan Stop Misdaad 08600 10111 gekontak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel