LEES OOK: KYK: Vrou wat beweer sy is ontvoerde Maddie praat met Dr. Phil
‘n Graad 8-leerling aan die Hoërskool Eunice in Bloemfontein is skielik oorlede.
Die skool het die hartseer nuus op sy Facebook-blad bekendgemaak.
Keoarona Namisa het vanjaar in graad 8 by die skool begin.
“Keoarona sal onthou word as ‘n pragtige, slim jong dame, wie se glimlag ‘n vertrek opgehelder het en wie se vrolike groet in die gange ons almal tuis laat voel het,” skryf die skool.
“Ons harte gaan uit na haar familie in die moeilike tyd. Mag sy in vrede rus.”
Meer inligting is nie in hierdie stadium bekend nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



