Manie Jackson, SA-sanger, het Dinsdag in ‘n plasing op sy sosiale media bevestig dat ‘n beplande optrede op Warrenton nie meer gaan plaasvind nie.
Die optrede wat op 1 April 2023 sou plaasvind was om fondse in te samel vir mense wat gebuk gaan onder n watertekort in die dorp.
Daar is glo deur die munisipaliteit gedreig dat gevolge gedra sal moet word indien die optrede sou voortgaan.
Lees die plasing hier:
Middag mense…..
Hierdie is ongelukkig nie ‘n April-fools grappie nie….
Ons het besluit om die blanke en kleurling gemeenskap van Warrenton te help met ‘n fondsinsameling optrede, die 1ste April, weens n watertekort, maar is gedreig deur die plaaslike munisipaliteit dat ons die gevolge sal dra, indien ons sal voortgaan met die optrede.
Daar sal teen ons, sowel as enige iemand wat die vertoning bywoon, opgetree word, wat die organiseerders genoodsaak het om die optrede te kanselleer…..
Indien mense dalk belangstel om hierdie mense te help, kontak asb. vir PIET KARSTEN by 064 522 0979
Enige hulp sal welkom wees…..
Miskien kan Burre Burger hierdie mense help? Ek glo hy sal….
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



