Lees ook: Romay van Rooyen-moordsaak uitgestel tot April
Die DA is van plan om amptelike vrae aan die minister van justisie, Ronald Lamola, te oorhandig oor Thabo Bester se ontsnapping uit die Mangaung-tronk.
Die departement van korrektiewe dienste is besig om te ondersoek hoe die Facebook-verkragter en -moordenaar verlede jaar ontsnap het.
Op 3 Mei 2022 het die departement van korrektiewe dienste aangekondig dat Thabo Bester oorlede is na ’n brand in sy sel uitgebreek het, maar slegs twee maande later is iemand wat soos hy lyk in Woolworths in Sandton City gesien. Op 16 Maart is twee foto’sdeur GroundUp, wat lyk soos Bester en sy meisie, gepubliseer.
Die DSC het Saterdag bevestig dat Bester ontsnap het en die wagte wat daardie oggend aan diens was, is geskors.
Die polisie ondersoek nou ‘n moordsaak om vas te stel wie se liggaam dit is wat onherkenbaar in Bester se sel verbrand gevind is. Die persoon in die sel is dood van ’n hou teen die kop.
Bronne: eNCA, The Citizen, Sowetan LIVE



