‘n Sakevrou (40) is op 26 Maart 2023 by haar besigheid te Zwide in Gqeberha ontvoer.
Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder vir die Valke, sê die vrou is egter Maandagaand 27 Maart 2023 veilig met haar familie herenig.
Sy is glo voor haar man en werknemers gegryp terwyl sy kliënte bedien het. Twee onbekende mans het glo die besigheid binnegestorm en met die vrou weggehardloop.
Hulle het met haar in ‘n bruin VW Polo weggery. Die voertuig is later verlate in Klaasstraat, Gqeberha, gevind.
Volgens die slagoffer is sy geblinddoek en na ‘n verlate huis sonder ‘n dak in Mbekistraat, Ezinyoka, Gqeberha geneem. Haar hande was met kabelbinders vasgemaak.
Sy het Maandagaand daarin geslaag om los te kom, waarna sy oor ‘n muur gespring en hulp gesoek het.
Haar familie en vriende is gebel. Geen losprys is betaal nie.
Die polisie-ondersoek duur voort. Mgolodela noem dat daar tans nie ‘n formele verklaring is nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



