Man in hegtenis oor nege vuurwapens en 600 koeëls uit op borg

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Energiekenners waarsku oor nog beurtkrag die winter

‘n Man wat in hegtenis geneem is na hy met nege verskillende ongelisensieerde vuurwapens en 617 rondtes ammunisie gevind is, is uit op borg van R3 000.

Die man het in die eMahahleni-landdroshof verskyn en sal weer 10 April voorkom.

Die man is in hegtenis geneem nadat die gemeenskap die polisie gebel het oor ‘n man wat mense dreig met vuurwapens en beskonke optree. Die polisie het vier vuurwapens langs hom gevind en nog vuurwapens en ammunsie in die huis.

Sewe van die vuurwapens het glo aan sy pa behoort en vier is op sy naam, maar slegs twee het geldige lisensies.

Bronne: IOL, VN Explorer, Algoa FM, Flipboard

Lees ook: Energiekenners waarsku oor nog beurtkrag die winter