Lees ook: Tradisionele paspoorte sal verruil word vir hartklop, meen kenners
Met Paasfees om die draai word mense aangemoedig om eerder sjokolade- en speelgoedhasies as lewendige hasies vir kinders te koop.
Die Durbanville Bunny Rescue-groep het gesê hasies word gewoonlik in die veld gelos wanneer Paasfees verby is.
Hulle het gesê die meeste mense koop hasies en besef nie dis nie maklik om ’n hasie aan te hou nie. Dus gaan los hulle die hasies in die veld waar hulle aan gevaar blootgestel is. Dit kan lei tot gebreekte bene, sonbrand en sterfte, omdat die diere nie die regte voeding daar kry nie.
Bronne: EWN, VN Explorer, Cape Talk
Lees ook: Vier veranderinge binnekort op WhatsApp



