‘n Meisie (12), ‘n leerling van Dawncrest Primary School in Verulam, is Saterdagaand 25 Maart 2023 in Everest Heights, KwaZulu-Natal, deur ‘n slang gepik.
Reaction Unit South Africa sê ‘n ma en haar 12-jarige dogter het ongeveer 19:04 by hulle opgedaag en hulp gevra.
Die meisie het volgens haar ma naby ‘n blompot gespeel toe sy deur ‘n slang gepik is.
Haar ma het die slang beskryf as groen, lank en in breedte die omtrek van ‘n 50c-muntstuk.
Die kind het asemhalingsprobleme en liggaamspyn ondervind.
Reaksie-offisiere het hoëspoedbegeleidig gedoen om die pasiënt so vinnig as moontlik by Osindisweni-staatshospitaal te kry sodat sy onmiddellike mediese behandeling kon ontvang.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



