Man buite gesinsrestaurant doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is Saterdagaand 25 Maart 2023 buite ‘n gesinsrestaurant op Witrivier, Mpumalanga doodgeskiet.

Emer-G-Med sê hulle is ongeveer 20:00 na ‘n skietvoorval, by ‘n gewilde seekos-restaurant, gestuur.

Met aankoms op die toneel het hulle ‘n man, vermoedelik in sy 50’s, gevind wat ‘n noodlottinge skietwond opgedoen het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Na bewering het twee mans ‘n hewige argument gehad, waarna een glo ‘n vuurwapen te voorskyn gebring het en die ander man geskiet het.

Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel