Lees ook: Tradisionele paspoorte sal verruil word vir hartklop, meen kenners
‘n Skoolhoof in Florida, VSA, is gedwing om te bedank nadat ‘n ouer gekla het die leerlinge is aan “pornografie” blootgestel nadat hulle ‘n kunsklas gehad het waarin hulle die naakte Dawid-standbeeld van Michelangelo gewys is.
Een ouer het gekla dit was “pornografies” en twee ander het gesê hulle wou in kennis gestel word van die les voor dit aangebied is.
Die skoolhoof moes bedank nadat sy die ultimatum gegee is dat sy moet bedank of afgedank word. Sy het aan die plaaslike media gesê sy vermoed sy is afgedank oor die klagtes.
Bronne: BBC, People, Newsweek
Lees ook: Tradisionele paspoorte sal verruil word vir hartklop, meen kenners



