Die volgende video is deur Ruben Delmage van GROOTfm 90.5 gedeel.
Die Theuns Jordaan Tribute-konsert, wat oor baie maande beplan is, het gisteraand op Loftus Versfeld in Pretoria plaasgevind.
Sangersvriende van Jordaan het by hierdie stampvol geleentheid aan hom hulde gebring.
Dit is deur menige as ‘n emosionele konsert beskryf.
Die organiseerders het die laaste liedjie van die aand, wat deur Jordaan self op ‘n video-opname gesing is, as ‘n onvergeetlike einde tot ‘n onvergeetlike aand beskryf.
Die volgende sangers het by die spesiale geleentheid opgetree:
Ricus Nel, Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Jacques du Plessis, Ray Dylan, Kurt Darren, Lianie May, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Dozi, Danny Smoke, Liezel Pieters en Jay du Plessis.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



