Thabo Bester, aka Facebook-verkragter, se ontsnapping deur eenheid vir georganiseerde misdaad ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het ‘n geprioritiseerde ondersoek beveel vir die ontsnapping van Thabo Bester uit die Mangaung-gevangenis.

Thabo Bester, of die sogenaamde Facebook-verkragter,is skuldig bevind aan verkragting en moord. Hy het waarskynlik gedurende Mei 2022 ontsnap terwyl hy ‘n lewenslange vonnis uitgedien het.

Hy sou vroue op Facebook lok met die belofte van ‘n modelloopbaan en hulle dan verkrag en ‘n mes gebruik om hulle te beroof. Hy het ten minste een van die vroue vermoor en is in 2012 skuldig bevind.

Brig. Athlende Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die ondersoek is in die beste belang van geregtigheid vir slagoffers, oorlewendes en geaffekteerde families.

Speurders van verskeie eenhede, wat GKS- en GOE-lede van die Vrystaat en Gauteng insluit, werk reeds onverpoosd aan die ondersoek.

Mathe sê dat ‘n moordsaak ondersoek word nadat DNA-uitslae bevestig het dat die liggaam wat gevind was nie dié van Thabo Bester was nie.

‘n Nadoodse ondersoek het verder bevestig dat die persoon in die sel gesterf het, nadat ‘n hou met ‘n stomp voorwerp teen sy kop toegedien is en hy reeds dood was voordat die brand gestig is.

Nadat die departement van gevangenis besvestig het dat Thabo Bester nie meer in aanhouding is nie, is ‘n saak van ontsnapping uit aanhouding ook geopen.

Mathe bevestig dat die byvoeging van meer klagtes nie uitgesluit kan word soos wat die ondersoek vorder nie.

Genl. Masemola het die publiek gemaan om geduldig te wees sodat die speurders wat met die ondersoek gemoeid is ‘n waterdigte saak kan bou wat voor die hof gebring kan word.

“Placing undue pressure on the investigators and demanding blow-by-blow updates at this stage, has the potential to jeopardise the investigation,” said General Masemola.

Mathe het verder bevestig dat owerhede kyk na die uitlek van sensitiewe en vertroulike inligting aan die media.

“To this end, a manhunt has been launched for all persons of interest in this particular case.”

“No further information will be provided at this stage. The SAPS will give updates when circumstances permit.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel