Vrou geskiet toe voertuig langs pad breek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou is op 22 Maart 2023 raakgeskiet toe die voertuig waarin sy en ‘n manspersoon op die berugte N17 Hoofweg naby die Tonk-meterpad, uitgang buite Springs, Gauteng, gery het, gebreek het.

ProSafe sê terwyl die paartjie vir hulp gewag het, is hulle glo deur gewapende verdagtes genader. Skote is na bewering afgevuur, maar die bestuurder van die voertuig kon daarin slaag om te ontsnap.

Om 03:00 kon hy die aandag van ‘n sekuriteitsvoertuig in Fulcrum trek. Polisie is verwittig, waarna hulle na die toneel is.

Die vrou wat drie keer raakgeskiet is, is na ‘n hospitaal gehaas. Sers. Themba Tshabalala, polisiewoordvoerder sê ‘n saak van poging tot moord is geopen.

Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel