Kleuter trek handrem op, motor bots teen huis – beserings, skade

Deel hierdie storie / Share this story

Twee vroue is Vrydag 24 Maart 2023 ongeveer 18:16, in Buffelsdraai, KwaZulu-Natal beseer en ‘n huis het gedeeltelik inmekaargeval toe ‘n motorvoertuig in ‘n huis vasgery het. Die botsing is glo deur ‘n kleuter veroorsaak.

Reaction Unit South Africa sê hulle het verskeie oproepe vir hulp ontvang. Met aankoms op die toneel is gevind dat ‘n motorvoertuig in ‘n huis vasgery het.

Twee vroue wat in die motorvoertuig was, het op ‘n wal tussen huise gelê.

Na bewering het hulle teen ‘n steil kronkelpad af gery, toe ‘n 3-jarige kleuter, wat op die passasier se skoot gesit het, die handrem opgetrek het. Hulle het met hulle silwer Honda Jazz van die pad gery en in ‘n huis, wat nog gedeeltelik in aanbou was, vasgery.

Beide die vrouens is vir matige beserings na ‘n hospitaal geneem. Die kleuter het ongedeerd van die voorval afgekom.

Die huis het in die proses gedeeltelik inmekaargeval.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel