Drie persone is matig tot ernstig beseer toe hulle in die vroeë oggendure, ongeveer 03:45, in Krugerlaan, Lyttelton, Centurion teen ‘n boom gebots het.
CERT-SA sê verskeie nooddienste is na die toneel.
‘n Klein passasiersvoertuig het na bewering van die pad gery en is in ‘n boom vas. Omstandighede wat tot die insident gelei het, is nie duidelik nie.
Tshwane-nooddienste, STVA Lifemed-ambulansdiens, Netcare 911 en die polisie het hulp op die toneel verleen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



