Tragedie tref gesin toe ma voor kinders deur hond verskeur is, sterf

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma van Pennsylvania in die VSA is voor haar jong seun deur haar buurman se twee Great Dane-honde verskeur toe sy hulle gaan voer het.

New York Post berig Kristen Potter is dood nadat die twee honde haar Donderdagaand in haar buurman se huis verskeur het.

Nooddienswerkers kon glo glad nie by die 38-jarige Potter uitkom totdat dierebeheerbeamptes opgedaag het om die honde aan die slaap te maak nie.

Haar seun was saam met haar by die bure se huis om die honde te voer terwyl hul eienaar uitstedig was. – New York Post