Die 28-jarige Nashranda Riet se lewelose liggaam is in haar woning in Flamingo-informele nedersetting, Lansdowne, aangetref, drie dae na inwoners haar vir die laaste keer lewend gesien het.
Women for Change berig Riet se liggaam is op 14 Maart in haar huis ontdek. Volgens Women for Change glo gemeenskapslede dat Riet deur haar kêrel doodgesteek is.
Owerhede het nog niemand in hegtenis geneem nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



