‘n Foto van ‘n vlermuis wat in die Filippyne geneem is en op Twitter gedeel is, het baie sosialemediagebruikers op hol.
Alhoewel die foto lyk soos ‘n mensgrootte vlermuis wat onderstebo aan ‘n dak hang, is dit bloot ‘n kameratruuk, berig Daily Mail.
Daily Mail berig die vlermuis is ‘n golden-crowned flying fox, ‘n groot vrugte-etende vlermuis wat in Asië voorkom.
Alhoewel die vlermuis baie groter is as vlermuise oor die algemeen, is dit steeds nie ‘mensgrootte’ nie.
Sosialemediagebruikers is egter steeds aan die gons oor die foto wat deur @AlexJoestar622 gedeel is. Iemand wat in die Filippyne bly, het gesê die vlermuise kan so groot soos ‘n medium-grootte hond raak.
‘Heya, from the Philippines here. I can confirm this, they have a huuuuuge wingspan but the bodies are not really that big, more or less like the same body as a medium (bit smaller) sized dog.
‘And yeah they only eat fruits, guavas most particularly. They’re really gentle too.’
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



