Martha Baloyi is oorlede en haar seun Junior beseer toe hulle op 19 Maart 2023 in die vroeë oggendure op ‘n kleinhoewe in Swaeltjiestraat, Haakdoornboom, noord van Pretoria aangeval is.
Volgens Sektor 3 van Pretoria-Noord polisiëringsarea is Junior in sy been geskiet en vir mediese behandeling na Montana-hospitaal geneem. Hy is intussen ontslaan en sterk tuis aan.
‘n Noodstemboodskap van Junior is 01:35 ontvang waarin hy in Engels sê dat hulle aangeval word, terwyl daar gehoor kan word hoe ‘n skoot in die agtergrond afgevuur word. Sy ma is noodlottig gewond.
Daar word gevra dat meer mense in die sektor betrokke sal raak om mekaar by te staan in tye van nood.
“Let’s keep the family and Junior in our prayers in this time of sorrow.”
Dienste wat op die toneel was, naamlik GAG Risk Solution en ander sekuriteitsdienste, Rescue 911, Pretoria-Noord SAPD en ander rolspelers, is bedank
“You do us proud.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



