Netcare911-paramedici het Dinsdagmiddag om 14:22 reageer op inligting van ‘n skietery wat in Petersweg in Springfield Park, Durban, plaasgevind het.
Berigte dui daarop dat verskeie mense geskiet is in wat na bewering ‘n verbyryskietery was.
Met paramedici se aankoms op die toneel is ‘n bakkie oortrek met koeëlmerke gevind. Emer-G-Med paramedici, verskeie ander nooddienste en die SAPD was saam met Netcare911 op die toneel.
Twee insittendes, ‘n volwasse man en ‘n volwasse vrou, is op die toneel dood verklaar en ‘n meisie, wat agter in die voertuig gesit het, is in ‘n kritieke toestand aangetref. Terwyl nooddienste verskeie pogings aangewend het om haar aan die lewe te hou, het haar toestand egter net versleg. Sy is na ‘n hospitaal gehaas, waar sy later dood is,
Omstandighede word ondersoek.



