Kyk op… (Gedig vir Wêreldpoësiedag)

Deel hierdie storie / Share this story

‘n FiND iT-leser, Fijma Luijk, het spesiaal vir vandag, Wêreldpoësiedag, ‘n gedig geskryf om te deel.

oral om ons is verdriet
die hele aarde gaan tot niet

ons sukkel erg met rêrig omgee
en is nie maklik tevree

elke dag jaag ons skatte na
maar wil nie deel, as iemand vra

korrupsie, diefstal, dwelms en moord
word gruwelik in media verwoord

as ek om my heen kyk
bly hoop en vreugde my ontwyk

maar vrees nie
kyk op

verby die kruis
via die hemelvaart
deur pragtige hemelblou
van waar god regeer

hy was en is en bly in beheer

Fijma Luijk – 21 Maart 2023

As jy jou gedig ook wil publiseer, hê, stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel