Anita Erasmus deel met ons ‘n gedig vir Wêreldpoësiedag.
Kom stap saam met my op my gister se spore
verken die paaie
ook die afdraai paaie
waar ek tussen rose en dorings gewandel het
toe ons jonkwees nog vars aan die lewensboom gehang het
jou liefde nog geil gerank het
elke dag se lied het ons bekoor
voordat ons tyd se glans verloor
het in die doolhowe van getonnelde
verdriet
wat ons al strompelend teen die uurglas laat steier het
nou groet ons gister se spore
was dit ons maar beskore
om die verlede
te laat verenig met die hede
sou my hart in harmonie
met joune gesinchroniseer het
ek berg die mooi in my geheue
jy is en bly altyd in my gebede
God hou ons lewe in Sý Hand.
Anita Erasmus 21 Maart 2023 (Kopiereg voorbehou)



