Vier mans beseer, een ernstig, toe bakkie rol

Deel hierdie storie / Share this story

Vier mans is beseer toe ‘n bakkie Vrydagmiddag op die R50 in Leandra, Mpumalanga, gerol het.

ER24 het 15:40 op die toneel aangekom waar hulle ‘n bakkie gekry het wat op sy dak lê.

Vier mans, tussen die ouderdom van 25 en 35, het naby die bakkie gelê. Een van die vier was ernstig beseer, terwyl die ander drie matige beserings opgedoen het.

Die beseerdes is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale geneem.

Die besonderhede wat tot die ongeluk gelei het, is onbekend.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel