Sestien persone is Vrydagoggend beseer toe ‘n bakkie buite Tzaneen op die R529 in Khangela, Limpopo gerol het.
ER24 en ander dienste het op die toneel gearriveer en die bakkie op sy sy op ‘n wal aangetref.
Verskeie beseerde persone is rondom die bakkie gevind. Paramedici het die beseerdes wat van gering tot matig beseer was, geasseseer. Hulle is vir mediese behandeling na Letaba- provinsiale hospitaal geneem.
Dis onseker wat tot die ongeluk gelei het, maar owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



