‘n Kleuterdogter (1) is Donderdagmiddag buite ‘n huis in Pokeng, Rustenburg, Noordwes gered nadat sy in ‘n boorgat geval het.
ER24 het 12:15 op die toneel aangekom en lede van die gemeenskap rondom ‘n oop boorgat gevind.
‘n Meisie, wat glo een jaar oud is, is na inspeksie binne-in die oop boorgat gevind waar sy ongeveer agt meter diep ingeval het.
ER24, Rustenburg-brandbestryding en Royal Bafokeng Mine Rescue was op die toneel. Verskeie reddingsapparate soos ‘n graafmasjien is gebruik in die reddingspoging wat vier uur geduur het. Nadat die boorgat wyer gemaak is, kon ‘n reddingsbeampte in die gat laat sak word. Die meisie is aan die hand gegryp en na veiligheid gebring.
Sy is geëvalueer en daarna vir verdere assessering na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
Die presiese besonderhede van die insident is onbekend.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



