Drie skoliere van Acacia Primary School in Trenance Park, KwaZulu-Natal, is Vrydagmiddag beseer toe hulle deur ‘n voertuig gestamp is.
Reaction Unit South Africa se lede is om 13:59 na die toneel gestuur na ‘n oproep vir hulp ontvang is.
Met aankoms op die toneel is twee seuns en ‘n dogter, almal 12 jaar oud, gevind wat deur ‘n blou Chevrolet Aveo gestamp was. Twee van die kinders het matige beserings opgedoen en is per ambulans na ‘n hospitaal geneem. Die derde beseerde kind is privaat na ‘n mediese fasiliteit geneem.
Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, was nie bekend nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



