LEES OOK: Ma (34) en seuntjie (3) sterf toe vragmotor hul stilstaande motor trefuszralië
‘n Driejarige seuntjie is in Australië dood nadat hy deur ‘n grassnyer, wat sy pa bestuur het, raakgery is.
Daily Mail berig die seun is Saterdag na die Pambula-streekshospitaal in Australië geneem nadat hy baie ernstig deur die grassnyer se lemme beseer is.
Ten spyte van paramedici se pogings om die seun aan die lewe te hou, is hy oorlede.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder het die pa agteruit gery en die seun nie raakgesien nie, berig Daily Mail.
Die polisie sal na verwagting geen saak teen die pa open nie, maar ondersoek die voorval.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



