Tweekopslang dood gevind in die Oos-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tweekopslang is in Quonce, Oos-Kaap gevind.

Neville’s Snake & Reptile Rescue het gister ‘n plasing op sosiale media gemaak dat hulle vir ‘n rare slang uitgeroep is.

Hulle het die skadelose pasgebore tweekopwolfslang (wolf snake (Lycophidion capense) dood gevind.

Hy was na skatting ongeveer ‘n dag of twee reeds dood.

Tweekoppigheid is n rare misvorming in slange, wat vergelyk kan word met saamgevoegde tweelinge in die mens.

Elke kop het sy eie funksionele brein, maar hulle deel ‘n enkele lyf en lewe nie lank in die natuur nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel