Singapoer-vliegtuig deursoek op OR Tambo na bomdreigement

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Twee verdagtes dood in skietery met polisie

’n Vliegtuig van Air Singapore is Dinsdag by die OR Tambo lughawe na ’n bomdreigement gehok (grounded).

Die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het bevestig dat hulle ’n waarskuwing ontvang het dat daar glo ’n bom op die redery se vlug SQ 478 is.

Die vliegtuig is deeglik deursoek en het na Kaapstad vertrek nadat dit veilig verklaar is.

Bronne: Times LIVE, IOL, Banoyi, VN Explorer

Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir moord op verkeersbeampte