‘n Tienermeisie (16) is Maandag 13 Maart 2023 in kruisvuur in Belhar, Wes-Kaap raakgeskiet.
Sers. Wesley Twigg sê die voorval het op die hoek van Vergelegen- en Somersetstraat plaasgevind.
Die polisie het die meisie met ‘n skietwond in die bors gevind. Sy is vir behandeling na ‘n mediese fasiliteit geneem.
Die omstandighede van die skietvoorval word ondersoek. ‘n Saak van poging tot moord is by Belhar-polisiestasie geregistreer.
Niemand is tot dusver vir die misdaad aangekeer nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



