Agtjarige meisie vyf jaar na ontvoering lewend gevind

Deel hierdie storie / Share this story

’n Agtjarige meisie wat in 2018 uit ’n winkelsentrum in die VSA ontvoer is, is vyf jaar later veilig in Mexiko gevind.

Aranza Maria Ochoa Lopez, wat in pleegsorg was, is deur haar ma, Esmeralda Lopez-Lopez, uit ‘n winkelsentrum in Vancouver, Washington-staat, ontvoer toe sy maar vier jaar oud was.

Aranza is laas gesien tydens die besoek onder toesig saam met haar ma, wat in September 2019 in Pueblo, Mexiko, in hegtenis geneem is, berig NZ Herald.

Die FBI het Woensdag bekendgemaak dat Aranza, wat nou agt jaar oud is, uiteindelik gevind is en na die VSA teruggeneem is. Mexikaanse owerhede het Aranza in Februarie in Michoacán gevind.

Aranza se ma het in Januarie 2021 skuld beken op aanklagte van ontvoering en roof, maar het nie aan owerhede bekendgemaak waar haar dogter haar bevind nie.

Lees meer hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel