Twee dood toe bakkie teen steil wal af en rivier in is

Deel hierdie storie / Share this story

Twee insittendes van ‘n bakkie is vroeër vanoggend in die Stanger-area, KwaZulu-Natal, dood toe hul bakkie ongeveer 40 meter teen ‘n wal af gery het.

IPSS Medical Rescue sê die voertuig het glo beheer verloor en is teen ‘n steil wal af. Hul soek-en-reddingslede het ongeveer 05:00 polisie se soek-en-reddingslede bygestaan.

Een van die insittendes is in die water gevind. Die tweede insittende het in die voertuig vasgesit. Hy moes van die wrak uitgehaal word. Beide persone is op die toneel dood verklaar.

Die liggame is na die padoppervlak gebring en aan die polisie oorhandig, aangesien lykshuispersoneel besig is om te staak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel